Belasting op buitelandse indiensnemingsinkomstes

Agtergrond

Artikel 10(1)(o)(ii) bied verligting aan belastingbetalers deur nie op buitelandse indiensnemingsinkomste (“employment income”) belas te word nie aangesien die buitelandse maatskappy reeds LBS / belasting op daardie inkomste aftrek. Daar is egter sommige lande waar hul eie belastingwette bepaal dat geen belasting op buitelandse indiensnemingsinkomste afgetrek word nie. Die effek daarvan is dat sekere individue dan effektief geen belasting in enige land betaal nie.

Artikel 10(1)(o)(ii) is gevolglik hersien en die wysigings waaroor almal gons tree effektief 1 Maart 2020 in werking. Ingevolge die wysigings sal slegs die eerste R1 miljoen van buitelandse indiensnemingsinkomste vrygestel wees van belasting. Enige buitelandse indiensnemingsinkomste van meer as R1 miljoen sal in Suid-Afrika belas word deur die normale individuele belastingtabelle toe te pas. Die effektiewe belastingkoers sal bepaal word met verwysing na die totale wêreldwye inkomste en geagte inkomste, verminder met die eerste R1 miljoen ten opsigte van buitelandse inkomste uit indiensneming.

Artikel 10(1)(o)(ii) vrystelling

Die vrystelling is slegs van toepassing indien –

  • die werknemer gedurende enige 12 maande tydperk vir meer as 183 volledige dae in totaal buite Suid-Afrika was; en
  • hierdie tydperk ’n aaneenlopende tydperk van afwesigheid van minstens 60 volledige dae binne daardie 12 maande insluit; en
  • die dienste gedurende die tydperk van afwesigheid uit Suid-Afrika gelewer word; en
  • die dienste gelewer is vir of namens ’n werkgewer wat binne of buite Suid-Arika gestasioneer is.

Dit is baie belangrik om daarop te let dat hierdie vrystelling slegs op belastingpligtiges van toepassing is wat ingevolge die Inkomstebelastingwet, soos omskryf in artikel 1, as inwoners beskou word.

Inwonerstatus

Suid-Afrika maak gebruik van ’n inwonergebaseerde belastingstelsel, wat beteken dat inwoners op hul wêreldwye inkomste belas word. Al werk jy al vir jare oorsee, maar jou tuisland is steeds Suid-Afrika, moet alle buitelandse inkomste steeds aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verklaar word en die toepaslike belasting daarop afgetrek word. Ten opsigte van nie-inwoners is slegs ontvangstes en toevallings uit ’n Suid-Afrikaanse bron aan normale belasting in Suid-Afrika onderhewig.

Uit bogenoemde is dit waarskynlik dat baie buitelandse werknemers nie deur die wysigings aan artikel 10(1)(o)(ii) geraak word nie, aangesien hulle in elk geval nie as inwoners (vir Suid-Afrikaanse belastingdoeleindes) beskou word nie.

’n Belastingpligtige sal as ’n inwoner beskou word indien daar aan een van die onderstaande toetse voldoen word:

  • die gewoonlik woonagtig-toets; of
  • die fisiese teenwoordigheidstoets en die persoon word nie geag uitsluitlik ’n inwoner van ’n ander land te wees vir die doeleindes van enige dubbelbelastingooreenkoms nie.

’n Persoon wat ingevolge ’n dubbelbelastingooreenkoms tussen die land waarin hul werk en Suid-Afrika as ’n uitsluitlike inwoner van die ander land geag word, sal nie as ’n inwoner van Suid-Afrika kwalifiseer nie, selfs al voldoen die persoon aan die voorvereistes om as ’n inwoner te kwalifiseer.

Finansiële emigrasie (FE)

’n Algemene wanpersepsie om nie as ’n inwoner geag te word nie, is om finansieel uit Suid-Afrika te emigreer. FE is nie ’n voorvereiste om vir belastingdoeleindes te emigreer nie en dit veroorsaak of waarborg ook nie dat ’n persoon na FE ’n nie-inwonerstatus sal bekom nie.

FE is ’n formele aansoek aan die Suid Afrikaanse Reserwe Bank om ’n nie-inwoner te word vir ruilbeheerdoeleindes (exchange control purposes).

Indien ’n persoon wél finansieel emigreer het kan dit hul saak versterk dat hul nie aan die gewoonlik woonagtig-toets voldoen nie, en dus as nie-inwoner geag moet word.

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)


Posted

in

by

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X

IC Marais

Professional experience:

IC Marais is a certified CA (SA) with public sector and private sector technical knowledge based on 5 years’ Public Sector accounting, auditing and financial management experience and 5 years audit, tax and accounting experience. Detailed knowledge of private and public sector accounting and auditing standards (GRAP, IPSAS, IFRS, IAS, ISA) and public sector financial legislation (MFMA, etc.)

He enjoys the outdoors, hunting and fishing.

ic@newtons-sa.co.za

SCHALK GOUWS

Professional experience:

In 1995, Schalk started as a trainee at Warner and Newton (which became Moores Rowland in 1997 and then Mazars Moores Rowland in 2007) in Bloemfontein. In 1998, Schalk was appointed as manager at Moores Rowland, where he became a partner in 2003. Schalk received his Postgraduate Certificate in Advanced Taxation in 2006 and in 2009 he received his Certificate in the Administration of Estates.

schalk@newtons-sa.co.za

CEDRIC PETERSON

Professional experience:

Cedric started as a trainee at Warner and Newton (which became Moores Rowland in 1997 and Mazars Moores Rowland in 2007), Bloemfontein, in 1986. After completion of his articles, he joined the Special Investigations Division of the Department of Finance (SA Revenue Services) as a senior inspector from 1990 to 1991.

cedric@newtons-sa.co.za

LUCHA GREYLING

Professional experience:

Lucha started her career as a tax inspector at the Inland Revenue Department of New Zealand. After this she worked in commerce in Canada, Mexico and the United States.

On her return to South Africa, she completed her CA training contract with us and has been with Newtons ever since. She became a Partner in 2012.

Apart from her CA(SA) qualification she also holds a postgraduate certificate in Advanced Taxation (2005) and has the overall responsibility for training as our Training Officer.

lucha@newtons-sa.co.za