Waarom die SAID stawende dokumente aanvra

02Die meeste belastingbetalers ken daardie aaklige gevoel wanneer die SAID stawende dokumente aanvra. Watter stawende dokumente moet ek voorlê? Word ek nou geoudit? Het ek ‘n fout gemaak op my belastingopgawe? Gaan die SAID my tronk toe stuur?

Waarom het die SAID my gekies?

Die SAID is baie geheimsinnig oor die manier waarop hulle te werk gaan om belastingopgawes vir verifikasie en oudit te selekteer. Niemand is werklik seker hoe die SAID besluit van watter belastingbetalers hulle stawende dokumente sal versoek nie. Hulle het slegs laat deurskemer dat hulle gebruik maak van outomatiese stelsels wat lukraak belastingopgawes selekteer vir hersiening en/of ‘n risikotelling aan sekere belastingbetalers toeken gebaseer op hul belastingnakoming in die verlede en derdeparty data wat in besit van die SAID mag wees.

Word ek geoudit?

‘n Versoek om stawende dokumente beteken nie noodwendig dat ‘n belastingbetaler iets verkeed gedoen en nou deur die SAID geoudit word nie. Wanneer die SAID stawende dokumente aanvra, doen hulle gewoonlik ‘n verifiëring van die belastingbetaler se belastingopgawe om te bevestig dat die ingediende opgawe met die stawende dokumente ooreenstem. Na voltooiing van die verifiëringsproses mag die SAID besluit om ‘n belasting-oudit te doen. Die verifiëringsproses en ‘n oudit is twee verskillende prosesse.

Wanneer die belastingbetaler vir ‘n oudit geselekteer word, beteken dit nie dat hy/sy wel enige wette oortree het nie. Die SAID selekteer soms belastingbetalers vir ‘n belastingoudit wat nie noodwendig op die oog af enige wette oortree het nie, maar wie se gedrag aandui dat hy/sy moontlik een of meer belastingwette kon oortree het.

Watter belastingaftrekkings mag lei tot versoeke vanaf die SAID vir stawende dokumente?

Die SAID is geneig om stawende dokumente aan te vra vir sekere belastingaftrekbare uitgawes wat maklik is om kunsmatig te verhoog.

  • Herstelwerk en instandhouding geëis teen huurinkomste

Waar ‘n belastingbetaler herstelwerk- en instandhoudingsuitgawes teen huurinkomste eis, mag die SAID stawende dokumente vereis. Die SAID kan selfs so ver gaan as om perseelinspeksies van die huureiendom uit te voer om te bevestig dat die herstel- en instandhoudingswerk werklik aan die huureiendom gedoen is en nie aan die eiendom van die eienaar van die huureiendom nie.

  • Eise vir tuiskantoor uitgawes

Die SAID benodig bewyse van uitgawes wat geëis is, byvoorbeeld munisipale rekeninge, skoonmaakkoste en versekering. Die tuiskantoor en kantoortoerusting moet uitsluitlik vir besigheidsdoeleindes gebruik word voordat tuiskantoor uitgawes afgetrek kan word. Die SAID is bekend daarvoor dat hulle perseelinspeksies uitvoer om die uitsluitlike gebruik van ‘n tuiskantoor vir besigheidsdoeleindes te bevestig.

  • Aftrekkings teen byvoordele soos reistoelae en maatskappymotors

Die belastingbetaler moet ‘n logboek indien waarin die kilometers wat vir besigheidsdoeleindes gereis is, aangeteken is voordat die SAID enige aftrekking vir belastingdoeleindes sal toelaat.

  • Eise vir mediese uitgawes

Die SAID benodig bewyse van betaling van kwalifiserende mediese uitgawes wat uit die belastingbetaler se eie sak betaal is tydens die jaar van aanslag wat ondersoek word. ‘n Mediese faktuur moet ingedien word saam met een of ander betalingsbewys voordat die SAID die aftrekking sal goedkeur.

Wat gebeur as ek nie stawende dokumente kan voorlê wanneer die SAID dit versoek nie?

Indien ‘n belastingbetaler nie die relevante stawende dokumente kan voorlê nie, sal die SAID nie die eise op die belastingbetaler se belastingopgawe kan verifieer nie en die aftrekkings sal dus nie toegelaat word nie.

Wanneer mag die SAID besluit om my te oudit?

Redes waarom die SAID mag besluit om ‘n belastingbetaler se belastingsake te oudit, sluit in:

  • Die belastingbetaler se gedrag in die verlede rakende sy/haar belastingsake.
  • Die kompleksiteit van ‘n belastingbetaler se belastingsake.
  • Die SAID het wesenlike teenstrydighede en onreëlmatighede gevind terwyl hulle ‘n belastingopgawe met die stawende dokumente geverifieer het.

‘n Oudit is ‘n meer diepgaande proses as verifiëring en behels ‘n evaluering (teenoor verifiëring soos in die geval waar stawende dokumente versoek word) van die inligting wat in ‘n belastingopgawe ingedien is.

Om die SAID van stawende dokumente te voorsien wanneer dit vereis word, plaas ‘n addisionele administratiewe las op die belastingbetaler. Versoeke vanaf die SAID vir stawende dokumente beskerm egter die eerlike belastingbetaler deur te verseker dat meer belastingpligtiges hul deel bydra deur belasting te betaal.

Hierdie artikel bevat slegs algemene inligting en moenie gebruik of beskou word as professionele raad nie. Geen aanspreeklikheid word aanvaar vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade weens vertroue op hierdie inligting nie. Raadpleeg altyd u finansiële raadgewer vir spesifieke  en gedetailleerde advies.

Verwysingslys:

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik of staatgemaak word op as professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak atyd jou finansiële adviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies.


Posted

in

,

by

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X

IC Marais

Professional experience:

IC Marais is a certified CA (SA) with public sector and private sector technical knowledge based on 5 years’ Public Sector accounting, auditing and financial management experience and 5 years audit, tax and accounting experience. Detailed knowledge of private and public sector accounting and auditing standards (GRAP, IPSAS, IFRS, IAS, ISA) and public sector financial legislation (MFMA, etc.)

He enjoys the outdoors, hunting and fishing.

ic@newtons-sa.co.za

SCHALK GOUWS

Professional experience:

In 1995, Schalk started as a trainee at Warner and Newton (which became Moores Rowland in 1997 and then Mazars Moores Rowland in 2007) in Bloemfontein. In 1998, Schalk was appointed as manager at Moores Rowland, where he became a partner in 2003. Schalk received his Postgraduate Certificate in Advanced Taxation in 2006 and in 2009 he received his Certificate in the Administration of Estates.

schalk@newtons-sa.co.za

CEDRIC PETERSON

Professional experience:

Cedric started as a trainee at Warner and Newton (which became Moores Rowland in 1997 and Mazars Moores Rowland in 2007), Bloemfontein, in 1986. After completion of his articles, he joined the Special Investigations Division of the Department of Finance (SA Revenue Services) as a senior inspector from 1990 to 1991.

cedric@newtons-sa.co.za

LUCHA GREYLING

Professional experience:

Lucha started her career as a tax inspector at the Inland Revenue Department of New Zealand. After this she worked in commerce in Canada, Mexico and the United States.

On her return to South Africa, she completed her CA training contract with us and has been with Newtons ever since. She became a Partner in 2012.

Apart from her CA(SA) qualification she also holds a postgraduate certificate in Advanced Taxation (2005) and has the overall responsibility for training as our Training Officer.

lucha@newtons-sa.co.za