Die berekening van rente betaalbaar tussen belastingbetalers en die SAID

A5Die Wet op Belastingadministrasie (Engels: Tax Administration Act of TAA) skryf algemene beginsels voor wat toegepas moet word wanneer rente aan of deur die SAID betaalbaar, bereken word. Die doel hiervan is om ‘n meer regverdige en uniforme manier van renteberekening daar te stel vir beide belastingbetalers en die SAID. Soos met die meeste dinge is daar egter uitsonderings. Hierdie artikel bespreek die algemene rentebepalings en sekere uitsonderings.

Die volgende algemene konsepte word neergelê vir die berekening van rente betaalbaar tussen belastingbetalers en die SAID:

  1. Rente is vergoeding vir ‘n verlore geleentheid om geld te gebruik.
  2. Rente sal daagliks bereken word op die uitstaande bedrag en rente op rente word maandeliks bereken.
  3. Rente loop op vanaf die effektiewe betaaldatum tot die werklike betaaldatum van ‘n uitstaande bedrag. Die effektiewe betaaldatum is die datum waarop belasting verskuldig en betaalbaar raak volgens ‘n belastingwet.

Die volgende afdeling verduidelik vier van die uitsonderings op die algemene konsepte hierbo:

  • Terugbetalings deur die SAID

Indien die SAID ‘n terugbetaling aan ‘n belastingbetaler moet maak, word rente op die terugbetaling bereken vanaf die datum waarop die SAID die bedrag ontvang het wat terugbetaal moet word, tot op die datum wanneer die SAID die terugbetaling aan die belastingbetaler maak.

Waar die SAID ‘n terugbetaling teen ander belasting verskuldig deur die belastingbetaler verreken, word geag dat die terugbetaling gedoen is op die verrekeningsdatum.

  • Voorlopige belasting

In die geval van die verpligte eerste voorlopige belastingbetaling is die effektiewe datum die laaste besigheidsdag van die sesde maand na die einde van die belastingjaar. Rente sal bereken word vanaf die effektiewe datum, tot die betaaldatum of die effektiewe datum van die tweede voorlopige belastingbetaling, watter datum ookal eerste voorkom.

Vir die tweede voorlopige belastingbetaling (ook verpligtend) is die effektiewe datum die laaste besigheidsdag van die belastingjaar. Rente word bereken vanaf die effektiewe datum tot een van die volgende datums, watter een ookal eerste voorkom: die werklike betaaldatum of die effektiewe datum (soos voorgeskryf) van die opsionele derde voorlopige belastingbetaling.

  • Vertraagde BTW-terugbetalings

Geen rente word bereken op die tydperk van die vertraging van die terugbetaling indien die vertraging deur die belastingbetaler veroorsaak is nie. Die tydperk van ‘n vertraging word vasgestel vanaf die datum waarop die belastingbetaler verlangde inligting by die SAID moes indien (bv. bankdetails van die rekening waarin die SAID die terugbetaling moet maak) tot die datum waarop die belastingbetaler werklik die vereiste inligting indien.

  • Bedrae per abuis terugbetaal

Indien die SAID per abuis ‘n terugbetaling aan ‘n belastingbetaler maak, word die terugbetaling beskou as belasting wat verskuldig en betaalbaar is deur die belastingbetaler. Rente sal op die terugbetaling bereken word vanaf die datum waarop die SAID foutiewelik die terugbetaling gemaak het tot die datum waarop die belastingbetaler die bedrag aan die SAID terugbetaal.

‘n Senior beampte van die SAID mag opgelegde rente kwytskeld indien hy/sy tevrede is dat die rente gehef is weens omstandighede buite die beheer van die belastingbetaler. Daar is slegs drie gevalle waar omstandighede beskou mag word as buite die beheer van die belastingbetaler: ernstige siekte of ongeluk, natuurlike of mensgemaakte rampe, of burgerlike oproer of ontwrigting van dienste.

Die Wet op Belastingadministrasie poog om voorsiening te maak vir ‘n gelyke aantal dae waarop rente betaalbaar tussen belastingbetalers en die SAID bereken word, en om uniforme reëls vir die berekening van rente van toepassing te maak op al die soorte belasting wat deur die SAID geadministreer word.

Verwysingslys:

Toegang tot die volgende bron is verkry op 21 Junie 2015:

  •  SARS Kort Gids tot die Wet op Belastingadministrasie, 2011 (Wet Nr. 28 van 2011), Hoofstuk 12

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&EO)

 


Posted

in

by

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X

IC Marais

Professional experience:

IC Marais is a certified CA (SA) with public sector and private sector technical knowledge based on 5 years’ Public Sector accounting, auditing and financial management experience and 5 years audit, tax and accounting experience. Detailed knowledge of private and public sector accounting and auditing standards (GRAP, IPSAS, IFRS, IAS, ISA) and public sector financial legislation (MFMA, etc.)

He enjoys the outdoors, hunting and fishing.

ic@newtons-sa.co.za

SCHALK GOUWS

Professional experience:

In 1995, Schalk started as a trainee at Warner and Newton (which became Moores Rowland in 1997 and then Mazars Moores Rowland in 2007) in Bloemfontein. In 1998, Schalk was appointed as manager at Moores Rowland, where he became a partner in 2003. Schalk received his Postgraduate Certificate in Advanced Taxation in 2006 and in 2009 he received his Certificate in the Administration of Estates.

schalk@newtons-sa.co.za

CEDRIC PETERSON

Professional experience:

Cedric started as a trainee at Warner and Newton (which became Moores Rowland in 1997 and Mazars Moores Rowland in 2007), Bloemfontein, in 1986. After completion of his articles, he joined the Special Investigations Division of the Department of Finance (SA Revenue Services) as a senior inspector from 1990 to 1991.

cedric@newtons-sa.co.za

LUCHA GREYLING

Professional experience:

Lucha started her career as a tax inspector at the Inland Revenue Department of New Zealand. After this she worked in commerce in Canada, Mexico and the United States.

On her return to South Africa, she completed her CA training contract with us and has been with Newtons ever since. She became a Partner in 2012.

Apart from her CA(SA) qualification she also holds a postgraduate certificate in Advanced Taxation (2005) and has the overall responsibility for training as our Training Officer.

lucha@newtons-sa.co.za