Ek het geld gesteel – Moet ek belasting daarop betaal?

A3Al ooit daarvan gehoor dat ‘n dief gesteelde geld verklaar vir inkomstebelastingdoeleindes? Dink u dat diewe gesteelde geld behoort te verklaar as deel van hul belasbare inkomste? Volgens verskeie hofsake in dié verband is gesteelde geld wat verkry is deur diefstal, verduistering of bedrog belasbaar in die hande van die dief. Nog ‘n vraag: Kan koste aangegaan vir die doel van diefstal en enige terugbetaling van die gesteelde geld afgetrek word van die gesteelde inkomste?

Daar is vier vereistes waaraan voldoen moet word vir gesteelde geld (ongeag of dit deur diefstal, verduistering, bedrog of op enige ander onwettige manier bekom is) om belasbaar te wees in die hande van ‘n dief:

  1. Die geld moet deur die dief “ontvang word of aan hom toegeval het”.

Die frase “ontvang deur” is deur die howe geïnterpreteer om te beteken dat die geld “deur/namens ‘n belastingbetaler ontvang is vir sy eie voordeel”, terwyl die woorde “aan hom toegeval” geïnterpreteer is om te beteken “waarop die belastingbetaler geregtig is”. Daar word nie vereis dat ‘n persoon ‘n bedrag geld moes ontvang het om daarop geregtig te wees nie, maar wel dat die persoon ‘n onvoorwaardelike reg het om dit te ontvang. Aangesien ‘n dief nie geregtig is op die geld wat hy steel nie, word daar nie aan die vereiste van “aan hom toegeval” voldoen nie. Aangesien die geld egter wel deur hom ontvang is, word aan die eerste vereiste voldoen en moet die gesteelde geld dus in die belasbare inkomste van die dief ingesluit word.

  1. Die geld deur die dief ontvang moet van ‘n “inkomste aard” wees (teenoor ‘n “kapitale aard”).

Aangesien die daad om geld te steel voorneme, aktiewe en doelgerigte beplanning en organisasie, sowel as uitvoering deur die dief vereis, is daar aktief gewerk vir die gesteelde geld en word dit dus beskou as van ‘n inkomste aard.

  1. Normaalweg word ‘n belastingbetaler belas op inkomste in die belastingjaar waarin hy/sy die inkomste ontvang het.

Daar is egter geen tydsbeperking op die periode waartydens die SAID ‘n aanslag mag uitreik indien hul sou bevind dat ‘n dief nagelaat het om gesteelde inkomste in die verlede vir belastingdoeleindes te verklaar nie.

  1. ‘n Bedrag/geldwaarde moet bepaal word waarteen die gesteelde geld in die belasbare inkomste van die dief ingesluit kan word.

Die metode waarvolgens ‘n bedrag bepaal word, hang af van die unieke omstandighede van elke geval. Twee van die metodes wat die SAID kan gebruik, is:

  • Om die bedrag van die geld wat in die dief se bankrekening inbetaal is, vas te stel.
  • Om die toename in netto batewaarde te vergelyk met die inkomste wat deur die dief verklaar is. Om ‘n netto batewaarde te bereken, neem die SAID die bedrae van inkomste, belasting-aftrekbare uitgawes, bates en laste in ag wat deur die dief verklaar is. Indien die verklaarde inkomste nie die groei in netto batewaarde regverdig nie, sal die SAID ‘n waarde aan die inkomste hertoewys wat volgens hulle wel die groei in netto batewaarde regverdig.

Die howe het bepaal dat uitgawes aangegaan deur ’n dief vir die doel om geld te steel of enige terugbetalings van gesteelde geld nie aftrekbaar is van die belasbare bedrag van die gesteelde “inkomste” wanneer die dief se aanspreeklikheid vir inkomstebelasting bereken word nie.

Is dit lonend om inkomste te verdien deur middel van diefstal? ‘n Dief het ‘n wetlike verpligting om “inkomste verdien” deur diefstal te verklaar en is verantwoordelik om inkomstebelasting te betaal op die volle gesteelde bedrag. Geen aftrekking vir koste aangegaan in die voortbring van gesteelde inkomste of vir enige terugbetaling van gesteelde bedrae word toegelaat as aftrekkings vir inkomstebelastingdoeleindes nie. Wanneer ander potensiële kostes soos regsfooie en stresmedikasie bygevoeg word, word die winsgewendheid van diefstal as bron van inkomste aansienlik minder aantreklik – indien die dief deur die SAID uitgevang word. Andersins mag diefstal moontlik steeds ‘n winsgewende beroepskeuse wees.

Verwysingslys:

Inligting verkry op 21 Junie 2015:

  • SARS Interpretasienota: Nr. 88, Afdeling 5

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&EO)


Posted

in

by

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X

IC Marais

Professional experience:

IC Marais is a certified CA (SA) with public sector and private sector technical knowledge based on 5 years’ Public Sector accounting, auditing and financial management experience and 5 years audit, tax and accounting experience. Detailed knowledge of private and public sector accounting and auditing standards (GRAP, IPSAS, IFRS, IAS, ISA) and public sector financial legislation (MFMA, etc.)

He enjoys the outdoors, hunting and fishing.

ic@newtons-sa.co.za

SCHALK GOUWS

Professional experience:

In 1995, Schalk started as a trainee at Warner and Newton (which became Moores Rowland in 1997 and then Mazars Moores Rowland in 2007) in Bloemfontein. In 1998, Schalk was appointed as manager at Moores Rowland, where he became a partner in 2003. Schalk received his Postgraduate Certificate in Advanced Taxation in 2006 and in 2009 he received his Certificate in the Administration of Estates.

schalk@newtons-sa.co.za

CEDRIC PETERSON

Professional experience:

Cedric started as a trainee at Warner and Newton (which became Moores Rowland in 1997 and Mazars Moores Rowland in 2007), Bloemfontein, in 1986. After completion of his articles, he joined the Special Investigations Division of the Department of Finance (SA Revenue Services) as a senior inspector from 1990 to 1991.

cedric@newtons-sa.co.za

LUCHA GREYLING

Professional experience:

Lucha started her career as a tax inspector at the Inland Revenue Department of New Zealand. After this she worked in commerce in Canada, Mexico and the United States.

On her return to South Africa, she completed her CA training contract with us and has been with Newtons ever since. She became a Partner in 2012.

Apart from her CA(SA) qualification she also holds a postgraduate certificate in Advanced Taxation (2005) and has the overall responsibility for training as our Training Officer.

lucha@newtons-sa.co.za